Leeu Gamka Kwekery & Padstal

Home
Accommodation
Restaurants
Things to do
Businesses
Tourism Bureau
Prince Albert Info
Map
Booking form
Site information

          (The one-stop nursery and farm stall)

 

 

Shrubs Succulents Home made products Curios Tea Garden 

  Skadubome          Vrugtebome      Kunsmis     Christelike boeke

 

“Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge” (Rom 11:36

“For from Him and through Him and to Him are all things”

 

 click here for our latest newsletter

The Leeu Gamka Nursery and Farm stall is situated 75km from Beaufort West and 125 km from Laingsburg on the N1 and is the only succulent nursery (vetplant kwekery) situated on the N1.  Prince Albert lies just 60 km from Leeu Gamka. 

This unique project started on the Dutch Reformed Church Grounds in 1998 with just 200 indigenous trees.  Soon there was a need for other plants such as shrubs and fruit trees, especially olive trees.  Today the nursery hosts indigenous and exotic trees, fruit trees, indigenous and exotic shrubs, conifers, grasses, ground covers, herbs, creepers, perennials, aloes and succulents. 

              

The biggest challenge for a nursery at Leeu Gamka is the “brakwater” (under ground water with a high salt content).  Our plants are well adapted to the harsh Karoo climate.

One of our main aims is to provide affordable indigenous plants to the public and to encourage water-wise gardens.  Water is becoming scarcer and we must find ways to preserve this precious resource.  Succulents and aloes are a good choice if you want to make a water-wise garden.  The Nursery has 41 different aloe species.  We are the only nursery in the country that sells the Aloe chlorantha.  This aloe is found in a small region in the Fraserburg district.   

               

We serve light refreshments on our farm stall verandah.  We sell a selection of local produce such as olives, homemade preserves, dried fruit and crafts and also stock a selection of Christian books.

Pop into the Leeu Gamka Nursery and Farmstall on your next trip along the N1.

 

To subscribe to our monthly newsletter - click here          

To receive our price list - click here

N G Kerkgronde / D R Church grounds

Tel.  023 521 2836

Fax  086 635 1337

Posbus / P O Box 10   Leeu-Gamka  6950   

leeugamka@mtnloaded.co.za

 Leeu-Gamka's art venue

 

Leeu-Gamka Nursery and Farm stall hosts an art venue in the historical Dutch Reformed Church Hall.  This hall was built in the Cape-Gothic style and was completed by 1922.  This landmark is clearly visible from the N1 between Beaufort-West and Laingsburg.  The Leeu-Gamka Nursery and Farm stall invites all art lovers to experience true Karoo art. Our first exhibition is by Lidi van Schalkwyk

 

Hope rising from the ashes

Jeremia was sent to the house of the potter to realise God can make failed lives new.  Lidi uses old rusty irons to create striking works of art.  She uses these items to show the world that one can make something beautiful with items that have been discarded as rubbish.  She combines this “rubbish” with clay to make a whole new picture, with Bible themes of hope.

 

Lidi is well known for her Kallaharees (also known at the clay trolls) and clay angels.  After Lidi and her family moved to Leeu-Gamka, she bid the Kallaharees goodbye and is now concentrating on her larger works.  She also makes clay pots with a very unusual texture.  These pots go strikingly well with a large variety of succulents. 

 

Junie 2010  

Dankbaarheid

"Die lof en die heerlikheid, die wysheid, die dank en die eer, die mag en die sterkte behoort aan ons God tot in alle ewigheid. Amen!" [Op. 7:12] 

Die Hollander, Roger Defour, het ''n boek oor dankbaarheid geskryf wat hy Dankjewel noem. Dankbaarheid, se Defour, is 'n seldsame plantjie. Baie van ons word daagliks armer omdat ons die kuns verleer het om dankbaar te lewe. "Die brood en die voels, die vrede van water, die prag van die seisoene, die blydskap van kinders, die toegeneentheid van mense, dit alles gaan by ons verby. Ons loop die gevaar om arm mense te midde van oorvloed te wees. Wie arm is, sien geen rede om dankbaar te wees nie," skryf Defour. 

Die gemeente van Leeu-Gamka het voorwaar rede tot dankbaarheid. In steeds moeilike landbou-omstandighede het ons tot die Heer gebid en gevra dat alhoewel ons in getal 'n baie klein gemeente is, Hy ons poging met die Dankfees-basaar ryklik sal geseen. Voorwaar - Hy het dit GEDOEN! Daar was die hartlike samewerking. Die gees gemoedelik en met die dag van die basaar het ons wonderlike weer geniet en die ondersteuning van die gemeente en ons grense was absoluut puik.

-Ds Org Swanepoel 

En nou vir die wenner..........

Die besoekers aan die basaar het die Kwekery ook goed ondersteun. Met aanloop tot die basaar het die Kwekery 'n kompetisie uitgeloot, geborg deur Warthog Messlypers. Die wenner van die Warthog Extreme Messlyper ter waarde van R450 is Kobus Bothma van Swartrivier, Prince Albert . Baie geluk Kobus, ons hoop jou prys kom handig te pas hierdie jagseisoen.

PLANT OF THE MONTH                

Brachylaena discolor (Bosvaalbos / Wild Silver Oak)

Die Bosvaalbos is '‘n immergroen boom wat in '‘n tuin tot 10m hoog kan word, maar kan tot 30m in woude bereik. Die bas van jonger takke is met witterige wollerige hare bedek. Ouer takke en stamme se bas is ligbruin met diep oorlangse groewe. Die blare is enkelvoudig, dun leeragtige, glansende donkergroen aan bokant, maar witwollerig aan onderkant. Die blaarrande is onreelmatig getand. Die blomme kom voor in groot trosse aan punte van takke. Blomtyd is van Julie tot Oktober.  

Hierdie boom kom voor vanaf Mosambiek in die noorde tot die Oos-Kaap in die suide.  

Die blare van die Bosvaalbos is bitter, maar die jong blare word deur njalas, bosbokke, rooi- en blouduikers gevreet. Wanneer dit blom is die hele boom oortrek met blomme wat groot hoeveelhede nektar produseer. Dit maak dit gewild by byeboere. Die hout hou baie goed in water en word gebruik vir bou van bote, veral langs die Mosambiekse kus. Die vinnige groeitempo en die feit dat dit sterk wind en soutsproei kan weerstaan, maak dit ideaal vir die bind van sandduine langs die kus. Omdat die hout buigbaar is, word dit vir hamer-, byl-, en pikstele gebruik.  

Hierdie boom maak '‘n interessante fokuspunt as enkelsierboom of 'n klein groepie op 'n grasperk. Indien die bome naby mekaar geplant word, vorm dit 'n uitstekende heining. Die wortelstel is nie aggressief. Die groeitempo is vinnig, tot 1.5m per jaar. Hierdie boom kan '‘n verbasende hoeveelheid ryp en droogte weerstaan.

 - Benut of Inheemse Bome

Alien plants and Invasive Weeds

This year we focus on alien plants and invasive weeds. 

Myoporum tenuifolium subsp. montanum (Manatoka)

Description: Evergreen shrub, somewhat succulent, wide-spread shrub or small tree 2 - 6m high. The leaves are dull green, thinly fleshy but firm. The flowers are white. They flower from July - October. The fruits are purple.   

Cultivated for: Ornament, shade and shelter.

Invades: Coastal fynbos, riverbanks, valleys, coastal dunes

Invasive status: Declared Invader (category 3).

Origin: Australia

The whole plant is poisonous!

Tuintake vir Julie

Voed volwasse sitrusbome deur elkeen 2 kg bemesting en ‘n goeie deklaag oor die wortel area te gee. 

Julie is die beste tyd om rose, struike, sitrus en ander bome te plant.

Groente wat hierdie maand geplant kan word is: beet, broccoli, kool, blomkool, wortels, kropslaai en uie

 

Events:

22 – 24 Oct 2010        Richmond Book Fair pcbaker@mweb.co.za

 

 

Bespreek die Kwekery vir funksies

Ons het die afgelope jaar ‘n hele paar funksies hier by die Kwekery aangebied.  Onder andere ‘n Moedersdag ete, ‘n tee vir bejaardes en ‘n kultuurstigting groep uit Kaapstad, asook ‘n paar klein toergroepies.

 

Ons het Saterdag 21 September ‘n heerlike spitbraai by die Kwekery  gehou.  Die tafels is tussen die plante gedek. Liggies en kerse het aan die Kwekery ‘n heerlike atmosfees gegee.  Hou ons gerus ingedagte indien u weer ‘n funksie beplan. 

 

 

Akkommodasie / Accommodation in and near Leeu-Gamka 

Abrahamskraal Gasteplaas/ Guest farm - from R150 per person per night (Approximately 15km van Leeu-Gamka on the road to Prince Albert)

Gamka Farm B&B (Ongeveer 8km van Leeu-Gamka)

Leeu-Gamka Hotel

Rietfontein Akkommodasie

 

Bookings / Besprekings: 023 5212 836

 

Liefdadigheidswerk op Leeu-Gamka:

Die plaaslike NG Kerk bedryf 'n koskombuis waar honger kinders uit die gemeenskap op 'n Maandag en Woensdag gevoed word.  BADISA(Barmhartigheids dienste van die NG Kerk en die VG Kerk) behartig ook 'n koskombuis op ander dae in die week.  Indien enigiemand kos of klere wil skenk aan die behoeftige kinders van ons gemeenskap, kan u dit by die NG Kerkkantoor of die kwekery afsit.

For a detailed price list please click here   Vir 'n volledige pryslys, kliek hier .

"Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge"

"For from Him and through Him and to Him are all things"

Rom. 11:36

Leeu-Gamka Kwekery & Padstal  

(The one-stop Nursery and Farm stall)

Tel:  023 5212 836            Fax:  086 635 1337

 

E-mail: leeugamka@mtnloaded.co.za

 
 

                                            For useful information about shops, banking and essential services 

                                                                          in Prince Albert please click here