WAAR?
Waar
skyn die son heeldag op klip en plant?
Waar
kruip die skadu’s agter elks heiningpaal weg?
Waar
rys hittegolwe bo vlakte en rand?
Op
die plaas van warm liefde op Vêrgenoeg.
Waar
waai die wind vroegaand Suid?
Waar
sweef die witkruis hoog bo die Witteberge?
Waar
gorrel die grootstreepswael sy vreugde uit?
Hoog
in die lug bokant die plaas Vêrgenoeg.
Waar
draai die windpomp lewenswater boontoe?
Waar
sing die paddatjies vir almal wat wil hoor?
Waar
roep die poele elke kelkiewyn soontoe?
Daar
by die dam anderkant die hek op Vêrgenoeg.
Waar
roep die bergpatrys die aand se nag nader?
Waar
dwaal die naggees as die gevlekteooruil skree?
Waar
kom miljoene sterre saam vergader?
Aan
die naghemelkoepel daar op Vêrgenoeg.
Waar
blom die vygies en die plakkies saam?
Waar
pluk die karoolangstertjie kapokbos donsies af?
Waar
hang mooiblompleisterbos se gesiggies skaam?
Op
‘n karooplaas met die naam Vêrgenoeg.
Waar
staan ‘n drievlak tuiste teen die berg?
Waar
slinger twee betonspore van onder tot bo?
Waar
hou die lapa oor die swembadjie wag?
Reg
bokant twee chalets op Vergenoeg.
Waar
sprankel die gasvryheid van ‘n plaasvrou?
Waar
werk ‘n karooklong in die hete son?
Waar
bly Wilna en Michael Muller nou?
In
die hart van ‘n karooplaas op Vêrgenoeg.
André Joubert, uit dankbaarheid
geskryf na ‘n wonderlike naweek by twee baie spesiale mense! Baie
dankie vir al julle ruimhartigheid en liefde.